full screen background image
Groot hoeveelhede dagga is sedert Saterdag tydens polisie-operasies regoor die provinsie gekonfiskeer.

Kriminele trek aan kortste end tydens polisie-operasies

208

Ongeveer 146 verdagtes is van Saterdag tot Maandagoggend op verskeie aanklagte tydens polisie-operasies regoor die provinsie aangekeer.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê 129 is in Polokwane, Tzaneen en Modimolle aangekeer en staar onder meer klagte van diefstal, huisbraak en aanranding in die gesig. Die polisie het ook op ‘n totale hoeveelheid van 22 kg dagga beslag gelê.
“Die intelligensiegedrewe operasies het uit lede van verskeie eenhede bestaan en op plekke soos Lephalale, Modimolle, Makhado, Giyani, Burgersfort, Polokwane, Tzaneen en Louis Trichardt gefokus.
In Lephalale is sewe verdagtes vir die besit van dagga gearresteer. Ons het dagga ter waarde van R4 750, dwelms ter waarde van R120 000, R1 070 in kontant en twee selfone gekonfiskeer,” sê Ngoepe.
In Louis Trichardt is nege vermeende dwelmhandelaars aangekeer vir die besit van dagga met ‘n totale straatwaarde van ongeveer R3 250.
Ngoepe het gewaarsku dat gereelde operasies regoor die provinsie gedoen sal word om misdaad hok te slaan.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com