full screen background image
Lede van die Xtreme Archers-boogskietklub wat aan die onlangs SABA Limpopo-kompetisie deelgeneem het, is Xanthe Botha, Jason Bruin, Gerhard Smuts en Ruan Meyer. Agter is Cor Nel, Herman Ferreira, Neels Troskie, Lize-Merie Troskie, Johan Prinsloo, Bosman Brink, Hendrik de Beer en Dante Wilkinson. (Foto: Verskaf)

Kolskote vir plaaslike boogskuts

154

Lede van die plaaslike boogskietklub, Xtreme Archers, het tydens die onlangse South African Bow Hunters Association (SABA) se Limpopo-kragmeting uitnemend presteer.
Die kompetisie is by Nimeng Safaris buite Vivo gehou en verskeie sertifikate en medaljes is verower.
Dante Wilkinson (brons), Herman Ferreira (goud) en Neels Troskie (silwer) het SABA-sertifikate ontvang terwyl individuele medaljes aan Hendrik de Beer (goud), Lize-Merie Troskie (brons), Xanthé Botha (brons) en Neels Troskie (silwer) oorhandig is.
Twee spanne het onderskeidelik ‘n brons- en silwermedalje ontvang. Die span van Bosman Brink, Jason Bruin, Dante Wilkinson, Gerhard Smuts en Hendrik de Beer het ‘n bronsmedalje verower terwyl Herman Ferreira, Cor Nel, Neels Troskie en Johan Prinsloo ‘n silwermedalje ingepalm het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com