full screen background image
Hoërskool Pietersburg se boogskuts is Bernard Mentz, Jean-Mari Mostert en Zander de Jager. Agter is Dylan Fletcher, Phil Fourie en Robert O’Reilly.

Kolskote vir Pieties se boogskietspan

463

Hoërskool Pietersburg (PHS) se boogskietspanne het besonder goed gevaar tydens die onlangse African Bowhunting Organisation (ABO) Triple Crown se finale ronde van die skoleliga wat in Bronkhorstspruit gehou is.
Die eerstespanlede, Jean-Mari Mostert, Bernard Mentz en Phil Fourie se uitstekende telling van 590 punte was goed genoeg vir ‘n goue medalje en tweedespanlede, Zander de Jager, Robert O’Reilly en Dylan Fletcher het ‘n algehele bronsmedalje gewen.
Phil en Jean-Mari het individuele goue toekennings behaal terwyl Ro­bert ‘n individuele silwer toekenning verwerf het.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com