full screen background image

Kleuters se prettige herfvere

128

Met die winterkoue wat al meer sy ysige vingers oor die vensterrame stoot, het die kleuters van Werk en Wen Pre-primêre Skool verlede Vrydagoggend in kleurvolle uitrustings by die skool opgedaag om die laaste twee weke van die herfsseisoen te vier.
Die jongspan het oudergewoonte aan worsbroodjies en warm melksjokolade gesmul
en met blom- en blaar­uitrustings gespog.
“Die leerders het spontaan saamgesing en hul aan mekaar se uitrustings verstom. Die ouers se inisiatief en hulp het duidelik geblyk en ‘n hele paar het kom oë wys om hul nuuskierigheid te bevredig. Die viering was oudergewoonte ‘n groot sukses en is al 15 jaar lank ‘n instelling by die skool,” sê skoolhoof Monica Strauss.

Storie en foto’s:BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Caitlin Strydom, Niané Duvenhage, Megan de Waal en hul maats geniet herfs.

Righardt Cilliers en Mia du Preez is uitgedos in hul herfsdrag.

Megan de Waal en Duané Venter geniet die herfsseisoen.

Monica Strauss, Skoolhoof van Werk en Werk Pre-primêre Skool, vier die skool se hersdag saam met Ryan Evert, Zoë Wilsenach en Isabella Varela.