full screen background image
Wian Kruger van PHS se eerstespan laat waai tydens sy boulbeurt.

Kempton te sterk vir Pieties-krieketspanne

80

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15- en eerste­krieketspan, wat tans in die Finsbury-reeks kragte meet, het Saterdag ‘n bloutjie teen Hoërskool Kemptonpark geloop.
Beide spanne kon nie die mas teen dié Gauteng-skool opkom nie.
Die eerstespan het tydens hul tuiswedstryd eerste veldwerk gedoen en die Kempies tot 254 lopies in 48,3 beurte beperk. Tydens PHS se beurt voor die paaltjies kon hulle slegs 166 lopies almal uit bymekaar maak en verloor dus die wedstryd met 88 lopies.
Die o.15-span het Kempies op hul veld in Gauteng aangedurf, maar tweede daarvan afgekom toe hulle slegs 65 lopies almal uit kon aanteken. Kempies het nodig gehad om slegs twee paaltjies af te staan om Pieties se telling in te haal. PHS verloor dus met agt paaltjies.
PHS speel die naweek teen Hoërskool Noordheuwel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Pieties se eerstespanspeler, Tiaan van den Heever in aksie.