full screen background image
Adri Muller van die Tarentale se skei trek deur die lug.

Jukskeispelers speel eerste ligawedstryde

203

Die eerste ligawedstryde van die seisoen het onlangs by die Pietersburg Jukskeiklub plaasgevind.
In die A-afdeling het Pietersburg Juskeiklub koning gekraai, gevolg deur Nylstroom Jukskeiklub as naaswenners en die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane in die derde plek.
Die B-afdeling is deur Nylstroom oorheers gevolg deur die Tarentale en Thabazimbi Jukskeiklub.
In die C-afdeling was Nylstroom die sterkste span met Pietersburg tweede en Soutpan Jukskeiklub derde.
Na die ligawedstryde het spelers wat van 1 tot 6 April aan die Suid-Afrikaanse Senior Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelneem saam geoefen.

Storie en foto’s:RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Pietersburg Jukskeiklubspe­ler, Bernard Pretorius in aksie.

Graaf Genis wys aan ‘n spanmaat waar om te gooi.

Paula Kotze van Pietersburg Jukskeiklub ken haar storie.