full screen background image
Kate-Lynn, Caroline en Nicole Markos by een van Kate-Lynn se skilderye.

Jong kunstenaars stal werke uit

105

Die studente van Marlize Kenmuir het Vrydag die kunswerke waaraan hulle vanjaar gewerk het by ‘n plaaslike hotel uitge­stal en kunsliefhebbers met hul talent beïndruk.
Kenmuir, self ‘n gerekende kunstenaar, het vertel hoe sy aanvanklik klasse vir volwassenes wou aanbied, maar dat ‘n familielid haar oortuig het om eerder op kinders te fokus en dat sy nog nie een dag spyt was dat sy na dié raad geluister het nie.
“Dit was vir my ‘n vreugde en ervaring om vanjaar met die kinders te werk. Ons het in alle omstandighede en deur alle buie saamgewerk en die beste in mekaar uitgebring. Dit is ook lekker om te sien hoe vreesloos kinders kan wees. Vir volwassenes is waterverf ‘n medium waarvoor hul baie skrikkerig is, maar die kinders het die geleentheid aangegryp en my met hul durf en tegniek verstom.”

Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Marlize Kenmuir by een van die werke wat deur haar kunsstudente uitgestal is.

Mia Meyer het haar vriendin, Annerien Pretorius, saamgebring om haar kunswerke te bewonder.