full screen background image

Jaco Conradie verwerf vierde Dan in karate

416

Die trotse Jaco Conradie van JKA Pietersburg Karateklub wat onlangs tot vierde Dan oftewel
vierde swart gordel gevorder het. Conradie het op 24 Februarie 2005 as geel gordel by die klub aange­sluit en in November 2007 vir sy eerste Dan gekwalifiseer. Twee jaar later gradeer hy vir tweede Dan gevolg deur derde Dan in September 2014. Conradie het tydens die afgelope tien jaar verskeie kere aan die JKA Suid-Afrikaanse Karatekampioenskapppe deelgeneem. (Foto: Verskaf)