full screen background image
Links: Polisiebeamptes op die toneel buite Lephalale waar ‘n taxi teen ‘n seekoei gebots het. Regs: ‘n Trekker word gebruik om die karkas uit die pad te sleep. (Foto’s: Verskaf)

Insittendes ongedeerd na taxi seekoei tref

880

Die polisie ondersoek ‘n saak van roekeloos en nalatige bestuur nadat ‘n minibus taxi vroeër vandag (Vrydag) buite Lephalale teen ‘n seekoei gebots het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe, sê die ongeluk het vanoggend op die R510 tussen Lephalale en Stockpoort gebeur. Hy sê die insittendes van die taxi is ongedeerd en die voertuig het geringe skade opgedoen, maar die seekoei is op die toneel dood.
Geen inligting is bekend oor waar die seekoei vandaan gekom het nie en ‘n ondersoek is geloots.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com