full screen background image

In eerste rat oor taai hindernisse

69

Hoë retoere, stofwolke en juigende ondersteuners het Limpopo 4×4-klub se interklub-kompetisie wat Saterdag buite die stad aangebied is, gekenmerk.
Deelnemers kon in die standaard-, gemodifiseerde- en supergemodifiseerde-afdeling inskryf om hulle voertuie se vermoëns te toets. Selfs amateurs is die geleentheid gegee om met standaardvoertuie minder uitdagende hindernisse aan te durf.
Wallied Abrahams was die gunsteling in die standaard-afdeling en met sy Suzuki Jimny stof in die ander deelnemers se oë geskop terwyl Chris Pistorius en James Eksteen gelyk tweede geëindig het. Billy Pistorius was derde.
Koos Groenewald het in die gemodifiseerde-afdeling oorheers terwyl Renier Janse van Rensburg die tweede plek ingepalm het gevolg deur Japie van Staden in die derde plek.
Martin Groenewald was die enigste deelnemer in die supergemodifiseerde-afdeling en behaal dus die eerste plek.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Martin Groenewald laat die hindernisse na kinderspeletjies lyk en wen die supergemodifseerde-afdeling.

Renier Janse van Rensburg maak seker sy Jeep se voorwiel hou traksie.

Klein botteltjie, groot gif. Wallied Abrahams het sonder moeite die eerste plek in die standaard-afdeling ingepalm.

Chris Pistorius laat wiel met sy Volkswagen pypkar.