full screen background image

Humor help Dendron Rugbyklub geld inrol

175

Piet Pompies en Andries Vermeulen het gaste Vrydagaand laat skater met hul stories en veral aanhangers van countrymusiek se harte warm laat klop tydens Dendron Rugbyklub se geldinsamelingsgeleentheid wat in die stad gehou is.
Die klub het rygbytruie en ander items na Vemeulen se optrede opgeveil. Ondersteuners kon Dendron Rugbyklubhemde vanaf 2012 tot 2017 asook ‘n patriothemp in die kleure van die Vierkleur op die vendusie koop.
’n Bloubulhemp wat ‘n spanlid in 2009 in hul wegholoorwinning oor die Chiefs (61-17) in ‘n Super 14-wedstryd gedra het, is vir R8 000 verkoop. ‘n Getekende gholfhemp van Retief Goosen het R2 000 behaal en ‘n bottel Anthonij Rupert Optima 2011 van L’ Ormarins het R2 800 behaal. ‘n Bottel Conservation port van 1978 is vir R4 250 verkoop.
Die aand is met ‘n vertoning deur die sanger, Piet Pom­pies afgesluit, wat al ‘n lang pad met die Dendronspan loop en al as hulle gelukbringer bekend staan.
Hemde van die kunstenaars met hul ­name op is ook van die hand gesit.

Storie en foto’s: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Basie Breytenbach, voorsitter van die Dendron Rugbyklub verwelkom gaste.

Bekende storiever­teller en grapjas, Andries Vermeulen vermaak gaste.

Piet Pompies sing tydens die fondsinsamelingskonsert vir die Dendron Rugbyklub.

Hier is Piet Pompies en Andries Vermeulen met Dawie Marais, ‘n be­stuurslid van die rugbyklub (middel) besig om items op te veil.