full screen background image

Hou n Cuppa for Cansa funksie vir goeie doel

1485

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Anita Snyder, streekbestuurder van Kansa Limpopo en Noordwes en Sharon Stander, gemeenskapmobiliseerder van Kansa by ‘n Cuppa for Cansa-plakkaat.

Anita Snyder, streekbestuurder van Kansa Limpopo en Noordwes en Sharon Stander, gemeenskapmobiliseerder van Kansa by ‘n Cuppa for Cansa-plakkaat.

Groot opwinding het Vrydag by Theunis Fichardt Hospitium tydens die bekendstelling van die Kansa Cuppa for Cansa geheers.
Tydens die geleentheid is gaste bemagtig om hul eie Cuppa for Cansa-geleenthede as gashere of gasvrouens van Junie tot Oktober aan te bied.
Anita Snyder, streekbestuurder van Kansa Limpopo en Noordwes het gesê dat dit die perfekte geleentheid vir vriende, familie en kollegas is om bymekaar te kom en saam te kuier om mense wat deur kanker geraak word te help.
“Projekte soos hierdie moet gehou word om geld vir Kansa in te samel omdat die ver-eniging geen hulp van die regering ontvang nie,” het Adri Ras, afdelingsbestuurder van Kansa Limpopo gesê.
Die vereniging se veldtog word met trots deur Afrika se grootste kleinhandelaars, Shoprite en Checkers ondersteun.
Deur die aanbieding of bywoning van ‘n Cuppa of om geld aanlyn in te samel, help mense die vereniging om broodnodige versorging en ondersteuning aan kankerpasiënte wat in Kansa sorgtuistes tuisgaan te finansier terwyl hulle kankerbehandeling ondergaan.
In ‘n persverklaring sê Elize Joubert, Kansa se waarnemende hoof-uitvoerende beampte dat vyf Cuppa For Cansa-funksies wat deur Shoprite en Checkers geborg is regoor die land by Kansa versorgingssentrums aangebied is.
“Ons is so dankbaar oor die volgehoue ondersteuning van Shoprite en Checkers en die kliënte wat verlede jaar in hul winkels gehelp het om meer as R1 miljoen in te samel. Die geld word aangewend om Kansa se sorg- en ondersteuningprogramme voort te sit. Nie net borg Shoprite en Checkers alles wat nodig is vir die veldtog en die aanbieding van Cuppas gedurende Maart in hul winkels nie, hulle skenk ook vanjaar ‘n bedrag van R18 500 aan elkeen van die vyf sorgtuistes waar ‘n Cuppa For Cansa aangebied word,” sê Joubert.
‘n Cuppa for Cansa-funksie kan groot, klein of intiem, soos ‘n groep vriende, kerkgangers of die lede van ‘n boekklub wees, kan enige plek gehou word en maak voorsiening vir verbeeldingryke en innoverende idees met eindelose moontlikhede.
Selfs ‘n prettige tema kan daaraan gekoppel word. “Wees kreatief en maak dit ‘n onvergeetlike gebeurtenis, sê Joubert.
Gaste is tydens die bekendstelling met verversings en eetgoed bederf met ‘n koek wat spesiaal deur Shoprite gebak en versier is. Mischa Becker en Petrich Brits van Rock Hard Music School in die stad het gesorg vir die vermaak terwyl gaste gesellig saam gekuier het.
Die publiek kan hulle ondersteuning wys deur ‘n koppie teen R35 aan te skaf. Diegene wat belangstel om ‘n Cuppa te reël en meer inligting rondom dit wil hê kan Kansa by 015 297 1268 skakel of die webtuiste www.cansa.org.za besoek.

Met Cuppa For Cansa Koppies staan personeel van Kansa, Karen Botha (voor), vrywilliger saam met Corné Marais, kantoorbestuurder, Sharon Stander, gemeenskapmoboliseerder en Rene Robberts, vrywilliger.

Met Cuppa For Cansa Koppies staan personeel van Kansa, Karen Botha (voor), vrywilliger saam met Corné Marais, kantoorbestuurder, Sharon Stander, gemeenskapmoboliseerder en Rene Robberts, vrywilliger.

Adri Ras, afdelingsbestuurder van Kansa Limpopo, Gert Strydom, streekbestuurder van Shoprite en Anita Snyder, streekbestuurder van Kansa Limpopo en Noordwes. Agter is Sharon Stander gemeenskapmobiliseerder en Bobby Were, kankeroorwinnaar en TLC-fasiliteerder en tjek wat aan Kansa oorhandig is.

Adri Ras, afdelingsbestuurder van Kansa Limpopo, Gert Strydom, streekbestuurder van Shoprite en Anita Snyder, streekbestuurder van Kansa Limpopo en Noordwes. Agter is Sharon Stander gemeenskapmobiliseerder en Bobby Were, kankeroorwinnaar en TLC-fasiliteerder en tjek wat aan Kansa oorhandig is.

Bobby Were, ‘n kankeroorwinaar en TLC-fasiliteerder, saam met Mej Polokwane Skou 2015, Zodwa Mdingi. - Foto: Leandri van Schalkwyk

Bobby Were, ‘n kankeroorwinaar en TLC-fasiliteerder, saam met Mej Polokwane Skou 2015, Zodwa Mdingi. – Foto: Leandri van Schalkwyk