full screen background image
Hornbills kolwer, Wilhelm Groenewald stuur ‘n bal oor die grens vir ses lopies teen Eagles Krieketklub.

Hornbills kraai koning

120

Hornbills Krieketklub het Sondag op Polokwane Krieketklub tydens die Limpopo Impala Krieket Premier Ligafinaal hul titel teen Eagles Krieketklub behou.
Die besoekers van Tzaneen het die loot gewen en besluit om met veldwerk te begin. Eagles het gesukkel om momentum op hulle tuisveld te bou en is na 19 boulbeurte almal uit met ‘n totaal van 58 lopies. Wilhelm Botha het verwoesting onder die Eagles-kolwers gesaai deur ses paaltjies vir veertien lopies te laat kantel.
Die besoekers was daarna aan die beurt en het in slegs 10 boulbeurte met die Eagles se boulers afgereken om met sewe paaltjies te wen.
Eagles se Tyler Botha het twee vangskote behaal. Hornbills-kolwer, Wilhelm Groenewald was ‘n doring in die tuisspan se vlees met 22 lopies nie uit nie waarvan twee sesse en een vier deel van was.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Eagles veldwerker, Tyler Botha sit ‘n bal agterna.

Wilhelm Groenewald slaan ‘n ses.