full screen background image
Liane de Beer spog met haar feetjie-uitrusting tydens Suikerbekkie Kleuterskool se herfsdag.

Herfsfeetjies, bome omskep skool in fantasiewêreld

104

Herfs het in al sy kleureprag aangebreek en die kleingoed van Suikerbekkie Kleuterskool het dié seisoen Vrydag gevier deur gepaste kleure en klere aan te trek. Kinders in kamoefleerdrag, herfsfeetjies en bome vol herfsblare het op die skoolterrein baljaar en die hele dag in ‘n herfsfantasie omskep.
Die kleuters het deur die week meer oor plante en sade geleer en die rol van herfs in die natuur bespreek wat as inspirasie vir die herfspret gedien het.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Evan Moolman stel ‘n herfsboom voor.

Sharné Smit lyk fraai met blare in haar poniesterte.

Luna van der Merwe in herfskleure.

Lewmike Durrheim in haar herfskeuse.

Rayden Espach se hemp propvol herfskleure.

Maruis Smit spog met sy herfshemp.

Marzaan Visser verwelkom die nuwe seisoen in blareprag.

Kobus Scheepers se kamoefleerdrag herinner aan die natuur.