full screen background image

Hawelose steek glo treinwa aan die brand

441
Die plaaslike brandweer probeer vergeefs die brandende wa blus.

Die plaaslike brandweer probeer vergeefs die brandende wa blus.

‘n Treinwa is Sondag by die treinbrug in Markstraat deur ‘n vernietigende brand verwoes.
Volgens ‘n sekuriteitwag van ‘n sekuriteitmaatskappy wat die spoorlyn patrolleer, vermoed hulle dat ‘n hawelose se sigaretstompie die oorsaak van die brand was, maar dit kon nie bevestig word nie.
Niemand is tydens die brand beseer nie en die plaaslike brandweerdienste was redilik gou op die toneel om die brand te blus.
Volgens Polokwane polisiewoordvoerder, Ntobeng Phala is dit die sekuriteitsmaatskappy se verantwoordelikheid om toe te sien dat mense nie naby die spoorlyn ronddwaal nie.
Hy het bygevoeg dat die maatskappy ‘n saak van brandstigting by die polisie aanhangig kan maak indien hulle oortuig is dat iemand wel die brand veroorsaak het.

Storie: LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

Die uitgebrande treinwa nadat ‘n swerwer se sigaretstompie vermoedelik die oorsaak van die brand was.

Die uitgebrande treinwa nadat ‘n swerwer se sigaretstompie vermoedelik die oorsaak van die brand was.