full screen background image
Hannes Willemse vier sy 90ste verjaardag saam met sy dogters, Mariette van Tonder en Anita Blignaut.

Hannes Willemse vier nege dekades met familie en kosbare vriende

263

‘n Inwoner van Macadamia Sorgsentrum, Hannes Willemse, het Vrydag sy 90ste verjaardag saam met sy kinders, kleinkinders en vriende gevier.
Willemse is op 21 September 1928 in Pretoria gebore. Hy en sy vrou, Henna, wat hom nege jaar gelede ontval het, het drie dogters, Mariette van Tonder, Anita Blignaut en Heleen, vier kleinkinders en drie agter­kleinkinders. Heleen het 22 jaar gelede in ‘n motorongeluk omgekom.
Volgens Anita het haar pa dekades op die plaas Thorn Castle buite die stad met beeste geboer en was hy ook die eerste boer in Suid-Afrika wat bokwiet suksesvol aangeplant het. Hy het die plaas vyf jaar gelede verkoop en by Macadamia Sorgsentrum ingetrek.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com