full screen background image
Isobel van Wyk, Koningskinders, Sonja White, SAVF Pietersburg, maatskaplike werker gemoeid met gesinsorg, en Beatrice Loots, SAVF Pietersburg diensbestuur by die handsakke wat ingesamel is.

Handsakke bring blydskap vir behoeftigdes

89

‘n Verskeidenheid pragtige handsakke met toiletware gevul is Vrydagoggend deur SAVF Pietersburg Gesinsorg aan Koningskinders, ‘n gemeenskapsprojek van die Gereformeerde Kerke van Polokwane, geskenk.
Volgens SAVF Pietersburg se maatskaplike werker van gesinsorg, Sonja White, is die handsakke tydens ‘n Vrouedag in Augustus ingesamel. “Die ingangsfooi vir die dag was ‘n handsak gevul met toiletware,”
Isobel van Wyk van Koningskinders het die donasie met blydskap ontvang.
Koningskinders sien op verskeie maniere na sowat 25 behoefdige kinders in die gemeentes om en hou onder meer ‘n jaarlikse kamp en verskeie werkswinkels met die Koningskinders se ma’s. “Hulle sal hierdie handsakke verskriklik waardeer en baie nuttig kan gebruik,”sê White.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za