full screen background image
Ginliefhebbers kon by Bonnita Becker en Yana Mockford van Rhino Beetle aanklop vir heerlike drankies.

Groot opskop, vermaak by fees

1084

Besoekers aan Grounded Container Bar & Café het tydens Saterdag se Craft Drink Festival die geleentheid gehad om nie net aan verskeie alkoho­liese drankies soos bier en likeurs te proe nie, maar om gesellig onder die bome op grasbale te verkeer en na kunstenaars Jan Blohm, Sweet November en Vegabond King te luister.
Die perseel op die N1-Noord net buite die stad was vroeg reeds bedrywig met besoekers wat tussen die stalletjies rond­beweeg het om aan drankies van onder andere Zwakala, Qualitos, The Bedrock Brewing Co en Rhino Beetle Dynastinae Gin te proe en genoeg voorraad aan te skaf.
Kosstalletjies het ‘n verskeidenheid eetgoed gebied om die honger mae te vul.
Die jongklomp kon hul op die springkasteel of -mat besig hou, gesigte laat verf of per donkiekar na die Plaaswerf vervoer word waar hulle meer oor plaasdiere geleer het terwyl ouers hulle in die biertuin geniet het.
Daar is tot laataand opgeskop tydens die onderskeie kunstenaars se vertonings wat vir ‘n gesellige atmosfeer onder die bosveldsterre gesorg het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Petrus de Jager van Qualito Craft Distillery saam met besoeker, At Botha.

Maritza van Niekerk en Brendon Thysse skaf wyn aan.

Will Naudé en Lood Venter baljaar op die springkasteel.

Jean-Pierre Zeelie, hoofsanger van Sweet November op die verhoog.

Gert van der Merwe vervoer kinders met die donkiekar.

Delanhi Kruger en Bernice du Plooy tuis op die grasbale.

Dean Stoop sorg vir spookasem vir die soettande.

Die eenjarige Izak van Niekerk op die springmat.