full screen background image
Chené van der Merwe en Pieter Mulder is as Ystermeisie en -man aangewys.

Gradesportwenners blink uit

332

Leerders wat in graadverband op verskeie terreine tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se onlangse gradesport uitgeblink het, is pas aangekondig.
Op atletiekgebied is daar ook vir die Ysterman en -meisietrofee gekompeteer waar leerders in ses baan- en velditems om die meeste punte moes mee­ding. Chené van der Merwe en Pieter Mulder het met dié titels weggestap.
Die senior Victor Ludorum-atleet is Keegan Menzies terwyl Theuns Jooste dieselfde onderskeiding in die juniorafdeling behaal het. Marcelle de Jager is as senior Victrix Ludorum-atleet aangewys en Michelle Claassen as dié juniormeisie.
In landloop is Leana Swarts en Henry van Wyk as juniormeisie en -seun aangewys terwyl René Wiese en Tewis Willemse onder die seniors uitgeblink het.
In die swembad het Marjoné de Beer en Robert O’Reilly die juniors ‘n ding of twee in die swembad gewys terwyl die seniors vir Lara Oosthuizen en Ethan Anderson moes plekmaak op die podium nadat hulle as beste presteerders aangewys is.
Op die pawiljoen het die graad 9-leerders se weninisiatief met ‘n Braveheart-tema die beoordelaars die meeste beïndruk en is hulle met die sangbeker beloon.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die beste langasems is Leana Swarts, Henry van Wyk, René Wiese en Tewis Willemse.

Michelle Claassen, Theuns Jooste, Marcelle de Jager en Keegan Menzies is as ju­nior en senior Victrix- en Victor Ludorum-atlete aangewys.

Die graad 9-dirigente saam met leerkragte, Elzje van der Walt en Gerda Siertsema is Cari Schulenburg, Leana Swarts, Megan Veldman en Odine Swanepoel (voor). Agter is Irrol Naudé, Liam Grobler, Janco van Staden en Cor Müller.

Uitnemende swempresteerders is Marjoné de Beer en Lara Oosthuizen met Ivan Beukes en Ethan Anderson. Marjoné, Ivan en Ethan is saam met AJ Jordaan, Robert O’Reilly en Bernard Mentz in die Limpopooefengroep opgeneem.