full screen background image
Graad 7-leerders van Pietersburg Laerskool, Simoné Beukman en Erik Nel ontmoet PHS-hoofleiers, Mari Geerkens en Louis Nel.

Graad 7-leerders ervaar PHS eerstehands tydens opedag

569

Hoërskool Pietersburg (PHS) se saal was verlede Donderdag stampvol gretige graad 7-leerders en -ouers wat dié skool se jaarlikse opedag bygewoon het.
Skakelbeampte, Elmari Craig, het almal verwelkom waarna skoolhoof, Willie Schoeman, ouers en voornemende leerders toegespreek het.
Pieties het hulself oortref deur elke geleentheid hetsy sport, akademie of kultuur uit te beeld sodat ouers en leerders presies weet wat dit beteken om ‘n Pietie te wees.
Daarna is hulle op ‘n begeleide toer geneem om senior leerders en leerkragte te ontmoet en vrae te vra sodat hulle weet wat om te verwag wanneer hulle volgende jaar by die skool aansluit.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Mej en Mnr PHS, Alida du Preez en Roy Stewart, laat Sharon Scheepers van Laerskool Pietersburg-Noord Primary tuis voel.

Graad 7-leerders en hul ouers stroom die skoolsaal binne.

Skoolhoof, Willie Schoeman, wys sy vernuf by die gholfuitstalling.