full screen background image

GPF, polisie slaan toe op buitelanders met dagga

148

Lede van die Polokwane GPF se paraatheid het verlede Donderdag tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei wat glo in besit van dagga was. ‘n Lid van die GPF het die verdagte voertuig die vorige dag in Generaal Maritzstraat opgemerk waarna dieselfde voertuig die volgende dag weer in die omgewing opgemerk is en die polisie ontbied is. Vier buitelan­ders is in hegtenis geneem en ‘n groot hoeveelheid dagga is in die motor se bagasieruim gevind. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe kon nie die voorval bevestig nie.

Foto: Verskaf