full screen background image
Charles van der Walt stuur die bal middelveld toe terwyl sy opponent vergeefs probeer keer.

Goeie vertoning deur Pietersburg/Dendron Rugbyklub

61

Pietersburg/Dendron Rugbyklub, voorheen bekend as Pietersburg Dorp Rugbyklub, het hul stemme dik gemaak tydens die eerste vriendskap­like wedstryd wat Saterdag teen Louis Trichardt Rugbyklub gespeel is.
Pietersburg/Dendron se tweede­span het slagtande gewys met ‘n 44-5 oorwinning terwyl die eerste­span 39-39 gelykop gespeel het.
Die klub se hoofafrigter, Jacques Swanepoel sê die spanne oefen hard om weer hul regmatige plek in die plaaslike liga in te neem. “Die vriendskaplike wedstryde dien as goeie oefening vir die jaarlikse Boet Fickliga wat eerskomende maand begin.”

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Craig Adams word vasgevat.

Devan Venter stoom voort kantlyn af.