full screen background image
Die brandweer op die toneel in Rhesusstraat, Westenburg waar ‘n huis byna afgebrand het.

Gesin verloor byna alles in huisbrand

339

‘n Gesin van Westenburg het Saterdag byna al hul besittings verloor toe ‘n elektriese fout waarskynlik ‘n brand in een van die kamers veroorsaak en vinnig na die res van die huis versprei het.
Inwoners van Rhesusstraat het Saartjie Manamela en haar ma vinnig te hulp gesnel om hul besittings uit die puin te red. Almal het saamgespan om onder meer die sitkamerstel, gordyne en die wasmasjien tot op die sypaadjie te dra.
Saartjie Manamela het op die toneel gesê hulle het elektriese pro­bleme in een van die kamers ervaar en die hoofverdelingsbord het gereeld afgeskakel. “Ek was elders in die buurt toe die brand ontstaan het en is vinnig huis toe, toe ek die nuus ontvang het dat ons huis in vlamme is. Byna al die vertrekke in die huis is beskadig. Die paar goedjies wat nog in die huis was, het nou waterskade,” sê Manamela. Die brandweer was vinnig op die toneel, maar die brand het reeds ‘n groot deel van die huis vernietig.

Storie & foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Enkele besittings kon gered word en is deur inwoners tot op die sypaadjie gedra.