full screen background image

Geen einde aan kleuters se energie en gees nie

183

Kleuters van Erica Pre-primêre Skool het Saterdag tydens die skool se atletiekdag hul talent op die atletiekveld ontwikkel wat voorafgegaan is met ‘n pretdraf.
Sowat 400 atlete, ouers en ondersteuners het vroegoggend aan ‘n 5- of 10 km-pretdraf deelgeneem en die oefening in die vars lug geniet.
Die kleuteratletiek het met ‘n amptelike optog begin en die skool se pom-pom meisies het toeskouers met hul danspassies vermaak en die res van die skool met krete en liedjies gelei. Die kleingoed het ‘n 50 m naelloop voltooi voordat hulle ‘n hindernisbaan aangepak het waartydens hulle moes spring, kruip en hardloop vir ‘n vale.
Tydens al hiedie opwinding was daar genoeg stalletjies met eet- en drinkgoed om mae vol en kele nat te hou. Daar was ook ‘n muntlegging om die skool se koffers aan te vul.
BB Polokwane Suzuki was die hoofborg van die dag en Caltex Ivypark het R5 000 aan die skool oorhandig. Die atletiekdag se totale opbrengs was R54 000 wat vir die skool aangewend sal word.

Storie en foto’s: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Jan Kampherbeek, Caltex Ivypark-bestuurder, Monja Groenewald, skoolhoof, Marquerette le Grange, Erica Pre-primêre Skool-perso­neellid en Koos van der Walt, Caltex Ivypark- personeellid, met die tjek van R5 000 wat aan die skool oorhandig is.

Sion van der Hulle kruip deur ‘n apparaat op die hindernisbaan.

Ouers en kleuters het bydraes gemaak tydens die muntlegging.

Kgali Mantlhakga doen ywerig mee.

Gerhard Davel sing saam met sy klasmaats.

Dirco Stoltz vat hier en daar grond.

Sion van der Hulle waai vir sy ouers.

Spoed is nie vir Tshetshe Ramashala ‘n probleem nie.

Annalie Fuchs maak seker al die drawwers kry water.

Alexa de Jager oorhandig medaljes aan die 5 km-drawwers.