full screen background image
Chris Swanepoel, PFK se Fotograaf van die Jaar en Salonkampioen het talle ander toekennings ingeryg.

Fotograwe beloon vir voortreflike werk

452

Harde werk deur die topfotograwe van Polokwane die afgelope jaar is Vrydag­aand tydens die jaarlikse prysuitdeling van Pieterburg Fotografieklub (PFK) beloon.
Tydens die intieme geleentheid by Pieters­burgklub het klubvoorsitter, Shirley Mitchell, gesê dat die prysuitdeling ‘n besondere gebeurtenis is omdat harde werk en groot inspanning beloon is en ten toon gestel word. Sy het ‘n spesiale woord van dank aan komiteelede vir hul toewyding uitgespreek.
Mitchell, medeklublede en gaste was vol lof vir die veelsydigheid en vaardighede agter die kamera vir vanjaar se algehele wenner en Fotograaf van die Jaar, Chris Swanepoel.

Tokkie Pieterse.

Anneliese Pretorius.

Benewens sy aanwysing as al­ge­hele wenner, het Swanepoel ook skoonskip gemaak in kategorieë: reisfoto’s, natuurfoto’s, kontemporêr, senior geprojekteerde kleurbeeld, oudio-visuele produksie (AV), geprojekteerde kleurbeeld (algeheel), veelsydigste fotograaf, verdienstelikste werk (spesifieke onderwerp), Salonkampioen, en Fotograaf van die Jaar.

Ander wenners
• Tokkie Pieterse: natuurfoto (wildlewe), senior geprojekteerde beeld, monochroom en fotograaf: geprojekteerde beeld in monochroom
• Anneliese Pretorius: landskap- en makrofotografie
• Frikkie Swanepoel: geprojekteerde kleurbeeld, 2- en 3-ster, junior geprojekteerde beeld, monochroom, portretfoto, geïllustreerde foto
• Frans Pieterse: beste vordering, van magister silwer tot magister goud in een jaar
• Carina de Wet: minireeks
• Annamarie du Plessis: geprojekteerde kleurbeeld, 1-ster

Storie en trofee foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

‘Stappers in ‘n woud’ van Chris Swanepoel is as die beste algehele geprojekteerde kleurbeeld aangewys.

Anneliese Pretorius se ‘Jumper with Wasp’ is as beste makrofoto aangewys.

Die beste natuurfoto is ‘Underwater Portrait’ van Chris Swanepoel.

‘Venice Nightscene’ is as beste reisfoto aangewys en deur Chris Swanepoel geneem.

Die beste monocroom geprojekteerde beeld, ‘Wake up Mom’ van Tokkie Pieterse.

Frikkie Swanepoel se ‘Smoking Hot’ is as beste portret en beste junior geprojekteerde beeld, monocroom aangewys.