full screen background image
‘n Groep bergfietsryers geniet die wildreservaat se natuurskoon terwyl die speke sing.

Fietsryers durf 100 km met bergfiets aan

404

Die TBC 100 MTB Ride is Saterdag vir die tweede keer in die Polokwane Wildreservaat gehou met ongeveer 65 bergfietsryers wat hul vernuf en uithouvermoë op ‘n 100 km-roete getoets het.
Die wedren word deur ‘n plaaslike fietswinkel aangebied en deelnemers word die geleentheid gegee om tot 100 km te ry op ‘n roete van 25 km wat uitgelê is. Deelnemers besluit self hoeveel rondes hulle wil aandurf.
Dit is ‘n sosiale geleentheid vir amateurs om die natuur te geniet en sosiaal te verkeer terwyl dit ook die ideale geleentheid vir professionele ryers is om te oefen.
Dit was slegs ‘n pretrit sonder uitslae.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Bjorn Nel tydens die wegspring.

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se topfietsryer, AJ Burger, spook om voor te bly.

Een van Polokwane se gesoute bergfietsryers, Maurice Ferreira, tydens die naweek se TBC 100 MTB Ride.

Meesterbergfietsryer, Fanus Eksteen, laat die speke sing.