full screen background image

Eeufeeshuis se jaarafsluiting met dans, ete gevier

426

Inwoners en dagbesoekers van Eeufees­huis het verlede Woensdag hul sorge vir ‘n oom­blik opsygeskuif en opgewonde aan die pret tydens die Vereniging vir Persone met Gestremd­hede (APD) Limpopo se jaarafsluitingsfunksie deelgeneem.
Voordat die gaste op die maat van musiek
wat deur twee plaaslike platejoggies, Dirk Grobler en Jeandré Schoeman verskaf is, op die dansvloer gekuier het, is hul gesigte by die saal se ingang geverf en hul hoedjies en versierings reggeskuif.
President van APD Limpopo, Marina van Eeden en haar span vrywilligers het vanjaar ‘n smaaklike ete met gebraaide hoenderboudjies, frikadelle, kouevleise, aartappel- en ertjieslaai en broodrolletjies voorgesit en dit is afgerond met yskoue roomys op ‘n baie warm dag.
Van Eeden het die vrywilligers en personeel van harte bedank vir hul harde werk deur die jaar en ook vir die funksie. “Die belangrikste is dat julle die dag moet geniet en almal weer veilig terugkeer na die feestyd,” was haar boodskap.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

President van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) Limpopo, Marina van Eeden, agter regs met personeel en vrywilligers by Eeufeeshuis se jaarafsluitingsfunksie.

Inwoners van Eeufeeshuis, Jaco Kritzinger en Lienkie du Toit by die kersboom.

Besoeker Johnny Graham, voor, met perso­neellede van APD Limpopo, Annetjie Kritzinger en Annemarie Geldenhuys.