full screen background image
CB Pretorius help sy spanmaat.

Eerste opedag, 22 spanne laat skeie klap

188

Pietersburg Jukskeiklub se jaarlikse opedag is Saterdag deur gesonde sportmangees gekenmerk met 22 spanne wat informeel deelgeneem het.
Sommige spelers het die geleentheid ter voorbereiding van die kompeterende seisoen wat voorlê gebruik.
Die tema vir die dag was ‘Crazy Hats’ en die Pirates van Pietersburg Jukskeiklub se hooftooisels is as beste aangewys.
In die A-afdeling was Nylstroom Jukskeiklub onoorwonne terwyl die Pirates in die B-afdeling skoonskip gemaak het. Die C1- en C2-afdling is deur Dendron Jukskeiklub se o.16- en o.13-
seunspanne onderskeidelik gewen.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Nis Kotze mis nie maklik as sy skei eers sy hand verlaat het nie.

Ria Heyman van Pietersburg Jukskeiklub laat waai met ‘n skei.