full screen background image
Polisie op die toneel waar die drawwer aangetref is.

Drawwer glo deur honde doodgebyt na tref-en-trap

621

‘n Tref-en-trapongeluk het vroeg (Sondagoggend) in n tragedie ontaard toe ‘n beseerde drawwer klaarblyklik deur honde doodgebyt is.
Volgens inligting is die man wat in sy vyftigerjare is en wie se naam aan Polokwane Observer bekend is, ‘n inwoner van Myngenoegen Shelter. Die shelterbestuurder, Thys Booyjens, het bevestig  dat hy elke oggend om 04:30 gedraf het.
Volgens ‘n inwoner van die shelter het hulle onraad vermoed toe hy omstreeks 08:00 nog nie terug by die shelter was nie. Kort daarna het ‘n lid van die plaaslike buurtwag gearriveer en gevra of hulle iemand vermis waarna die shelterbestuur na die toneel is om die man te identifiseer.
Volgens die polisie is die oorledene klaarblyklik deur ‘n voertuig getref wat weggejaag het waarna hy na ‘n nabygeleë kleinhoewe probeer kruip het vir hulp toe hy deur honde aangeval is. Met hul aankoms op die toneel was hy reeds oorlede.
Polisielede is besig om leidrade op te volg.
Booyjens het bevestig dat die man die afgelope vyf maande ‘n inwoner van die shelter is. Die shelterbestuur is tans besig om sy naasbestaandes op te spoor.