full screen background image
Pastoriepaar van die NG Moedergemeente in die stad, Deon en Alta Hauman groet gemeentelede en vriende tydens hul afskeidsgeselligheid Sondagoggend.

Deon Hauman groet gemeente na 40 jaar

303

Deon Hauman, mede-leraar van die NG Moedergemeente in die stad, het Sondag sy afskeidspreek gelewer voordat hy op 7 Maart aanstaande jaar na 40 jaar diens in dié gemeente sy emeritaat aanvaar.
Hauman het ook tydens die erediens nagmaal bedien, waarna gemeentelede en vriende in die kerksaal van hom en sy egge­note vir die afgelope ses jaar, Alta, afskeid geneem het. Hauman se eerste vrou, Louise, het hom sewe jaar gelede ontval. Die Haumans gaan hulle in die Oos-Kaap vestig.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com