Sakeman deur rowers oorval, trek sneller, maar wapen weier

[site-name] photo gallery image - [site-date]

Mnr Peet Pretorius, eienaar van Furniture City verduidelik aan die ondersoekbeampte wat gebeur het toe drie gewapende mans hom gisteroggend (Woensdag) in sy winkel aangehou, probeer skiet en toe beroof het. In die agtergrond is die woonstelblok oorkant Furniture City in Schoemanstraat waarheen die vermeende rowers gevlug en spoorloos verdwyn het. Foto’s: Danél Esterhuysen