full screen background image

Chris van Rensburg nou vyfde Dan

128

Na 27 jaar as karateka het Chris van Rensburg, links, van JKA Pietersburg Karateklub nog ‘n hoogtepunt bereik deur Saterdag onder leiding van JKA Suid-Afrika-senior instrukteur, Johan le Grange in Johannesburg tot vyfde Dan te gradeer. Hy het ook onlangs as senior skeidsregter gekwalifiseer en neem oor twee weke aan die JKA Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Gauteng deel. Saam met hom is JKA Pietersburg sensei, Piet van Rensburg.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com