full screen background image
Studente van Chimera Belly Dance Academy wys hul passies tydens hul jaarafsluiting. (Foto: Verskaf)

Chimera Belly Dance Academy sluit jaar af

258

Kleurvolle kostuums en gesellige samesyn het Saterdagaand Chimera Belly Dance Academy se jaarafsluiting wat by Edupark gehou is, gekenmerk.
Volgens die organiseerder van die geleentheid, Alta Pieterse, het die funksie aan studente ‘n geleentheid gebied om te spog met die passies wat hulle gedurende die afgelope jaar bemeester het.
Gaste uit die gehoor is ook genooi om ‘n paar basiese bewegings saam met die ervare dansers uit te voer voordat die dansvloer vir almal oopgestel is.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com