full screen background image

Carr uit op borgtog na messteek

397

Paul Carr wat daarvan verdink word dat hy verlede Saterdagoggend die 32-jarige Justin de Freitas met ‘n mes doodgesteek het, is verlede Donderdag borgtog van R1 500 toegestaan. Volgens Westenburg polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane het Carr in die Polokwane Landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn en is gewaarsku om weer in September in die hof te wees.
Carr is verlede Saterdagoggend gearres­teer omdat hy na bewering vir De Freitas met ‘n mes in die bors gesteek het nadat ‘n argument tussen die twee mans ontstaan het.
De Freitas, lid van ‘n plaaslike motorfiets­klub, het ‘n motorfietssaamtrek by Soetdo­rings Buiteklub bygewoon toe die voorval gebeur het. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
‘n Roudiens is verlede Vrydag vir hom by die buiteklub gehou.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com