full screen background image

Broers bring Kerfees in September stad toe

397

Pasiënte van Morula Onkologie in Polokwane is Saterdag op musiek en sang deur die broers, Steven Sterling en Ryan Walt, trakteer tydens ‘n pasiëntedag met die tema ‘Kersfees in September’.
Riëtte Enslin, praktykbestuurder, het haar dank teenoor die farmaseutiese maatskappy uitgespreek wat die geleentheid geborg het.
“Die twee kunstenaars is naby ons harte omdat hulle weet waardeur ‘n kankerpasiënt en betrokke families gaan.”
“Steven het die die liedjie ‘Take my hand’ vir sy ma geskryf toe sy kanker gehad het en is ook Kansa se nasionale temalied,” het sy vertel.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Connie Badenhorst geniet Steven Sterling se weergawe van Elvis Presley se ‘Can’t help falling in love’.

Ryan Walt speel panfluit terwyl Steven Sterling saamsing.