full screen background image

BREAKING NEWS – Voormalige sheltereienaar verkrag glo minderjarige meisie

615

‘n Polokwane inwoner en voormalige sheltereienaar is verlede Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van verkragting op ‘n minderjarige meisie, wie se ma ten tye van die voorval ‘n inwoner van die shelter was, en het Vrydag voorgekom.
Die man is op geen wyse meer by die shelter betrokke nie en bied laekostebehuising aan op die perseel vanwaar die shelter voorheen bedryf is.
Die saak is vroeër vanjaar aanhangig gemaak.
Lt kol Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die saak op 20 Oktober voorkom.
Lesers sal op hoogte van verdere verwikkelinge gebring word.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com