full screen background image

BREAKING NEWS – Polisiekonstabel in Ladanna doodgeskiet

2771

Die polisie ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n konstabel verbonde aan die Westenburg Polisiestasie gisteraand (Donderdag) terwyl hy aan diens was in Ladanna doodgeskiet is.
Volgens inligting was die konstabel saam met ‘n lid van die Ladanna Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) waar hulle blykbaar op die hoek van Witklip- en Bulawayostraat observasies gedoen het.
Twee voertuie, waarskynlik ‘n BMW en Mercedes-Benz, het blykbaar langs die voertuig waarin die konstabel en GPF-lid gesit het, gestop. ‘n Onbekende aantal gewapende verdagtes het uit die twee voertuie geklim, vermoedelik op die slagoffers losgebrand en die konstabel noodlottig gewond. Die GPF-lid is blykbaar ongedeerd.
Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo, het die voorval bevestig en gesê die konstabel was aan diens toe hy koelbloedig doodgeskiet is. Mojapelo het vanoggend (Vrydag) nog nie genoegsame inligting gehad om oor die voorval uit te brei nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com