full screen background image
Rolf Wiers het gister (Woensdag) tydens die borgaansoek van Alfred Hlongoane getuig.

Borgaansoek in Wiers-saak duur voort, uitspraak verwag

425

Na verwagting sal daar later vanoggend (Donderdag) uitspraak in die borgaansoek van die twee verdagtes in die Tanya Wiers-moordsaak, Frans Maela en Alfred Hlongoane, gelewer word.
Die saak is gister (Woensdag) uitgestel nadat vier getuies insluitend die slagoffer se man, Rolf, na die getuiebank geroep is. Hlongoane het beweer dat die Wiers ‘n tweede tuinier het, maar dit is deur Rolf tydens sy getuienis ontken.
‘n Laaste getuie sal na verwagting vanoggend geroep word, waarna uitspraak gelewer sal word.

Storie en foto: RC Myburg
>>rc.observer@gmail.com