full screen background image

Borgaansoek in Wiers-moordsaak vandag voor hof

438

Die borgaansoek van Frans Maela, die verdagte in die Tanya Wiers–moordsaak word vanoggend (Vrydag) in die Polokwane landdroshof voortgesit waartydens ‘n tweede staatsgetuie waarskynlik tot die bank geroep sal word.
Die saak is Dinsdag uitgestel nadat die ondersoekbeampte, Lesibana Mametja sy getuienis gelewer het en dit aan die lig gekom het dat Maela ‘n bekentenis die dag na die moord op 7 Februarie by die Seshego polisiestasie gemaak het.
Mametja kon nie onthou in wie se teenwoordigheid die bekentenis gemaak is nie waarna landdros Janine Ungerer die saak uitgestel het sodat reëlings getref kon word vir die betrokke amptenaar om te getuig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com