full screen background image

Blink loopbaan wink vir Limpopo-gholfspeler

453

RC Myburgh

Voormalige Polokwane-inwoner en oud-Pietie, Hennie du Plessis het verlede Woensdag die IGT Pro Tour-trofee omhoog gehou tydens dié ontwikkelingsgholftoernooi
wat by die Irene Country Club in Gauteng aangebied is.
Hy het teen Bryandrew Roelofsz te staan gekom en gelyk geëindig waarna hulle in ‘n valbylronde op die eerste putjie meegeding het. Beide se balle was op die setperk met slegs twee houe.
IGT-toernooikommissaris, Cois du Plooy het in ‘n persverklaring gesê Du Plessis se eerste hou op die setperk het sy bal ongeveer 2 cm van die putjie gelaat, terwyl Roelofsz ongeveer 1,8 m kort geslaan het.
Roelofsz kon met sy tweede hou ook nie daarin slaag om die bal te sink nie terwyl Du Plessis met sy tweede hou die bal kon intik.
Du Plessis neem eersdaags aan die Vodacom Origins of Golftoernooi in Langebaan deel.
IGT Pro Tour is ‘n ontwikkelingstoernooi vir opkomende gholfspelers en is in 2010 gestig.