full screen background image

Bittersoet viering van Vyna Tarp-mylpaal

1204

Terwyl die vure oral gesellig geknetter en welkome hitte verskaf het, het die sop in die potte geprut en die geselskap lewendig weerklink tydens Vyna Tarp se tiende verjaardagparty verlede Donderdag.
Eienaar Salomé de Beer en haar span het geen steen onaangeraak gelaat om die gaste op hul gemak te stel nie. Haar dogter, Bianca Nel het haar kennersoog gebruik om die parkeerarea onherkenbaar op te vrolik en ‘n hartlike atmosfeer te skep.
Jonathan Forrester, ‘n plaaslike leraar, het die aand amptelik met skriflesing geopen. Hy het Spreuke 3:5 aangehaal en verduidelik dat Vyna Tarp se sukses daaraan toegeskryf kan word dat Kobus en Salomé de Beer God altyd eerste gestel het.
Gaste het die hartseer weggesluk toe De Beer daarna aan die woord gekom het en haar man, Kobus se leeue-aandeel in hul voorspoed voor sy afsterwe in 2013 onthou het. “Hy het so uitgesien na ons tiende her­denking by Vyna Tarp en altyd vir my gesê ons gaan groot partytjie hou.”
Daarna het sy vriende, familie, kliënte en verskaffers op ‘n kort en kragtige reis deur Vyna Tarp se geskiedenis onder die De Beers se bestuur geneem. Haar vertelling van die eerste faks wat sy uit pure onkunde onderstebo na ‘n kliënt gestuur het, het menige laat lag.
Uiteindelik het sy ernstig geraak en uit die hart gepraat toe sy haar personeel elkeen by die naam vir hul aandeel in die saak bedank het. Sy het ook die res van die gaste vir al hul ondersteuning en bydraes bedank.
“Baie dankie aan elkeen wat vanaand hier is. Julle is elkeen is stukke van die Vyna Tarp-legkaart. Ek kan eerlik sê ons kon niks bereik sonder die genade van God nie en alle eer kom Hom toe,” het sy afgesluit.
Nadat die personeel ‘n pragtige gospellied gesing het, het Nel die mikrofoon geneem en haar ma direk aangespreek.
“Ons het groot waardering vir ma. Ma is ‘n ystervrou en pappa sou trots gewees het op dit wat ma in ‘n jaar en ‘n half vermag het hier. Ons sê namens hom dankie dat ma voortbou op sy goeie werk en vir die liefde wat elkeen van ons hier by Vyna Tarp uit ma se hart ontvang,” het sy gesê en ‘n reuse bos blomme aan De Beer oorhandig.
Die partytjie het in alle erns begin en plaaslike kunstenaar, Lourens The Storyteller het die mense met sy fluweelstem vermaak terwyl die geur van die sop monde laat water het en vars brode gesny is.

MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

_DSC0138_650x432

Stefan Olivier, Peet Bredenkamp en  JC Holts­hauzen kuier saam.

Stefan Olivier, Peet Bredenkamp en
JC Holts­hauzen kuier saam.

_DSC0131_650x432 _DSC0130_650x432

Philemon Baloyi, Lerato Mokwena, John Mabitsela en Victor Mathato stem saam dat Vyna Tarp tops is.

Philemon Baloyi, Lerato Mokwena, John Mabitsela en Victor Mathato stem saam dat Vyna Tarp tops is.

_DSC0121_650x432

Johanna Mokgohloa, Sarah Masipa en Selina Mogale geniet die gesellige Vyna Tarp funksie.

Johanna Mokgohloa, Sarah Masipa en Selina Mogale geniet die gesellige Vyna Tarp funksie.

_DSC0109_650x432

Cochrane en AJ Nel gesels kopstukke met die buffettafel agter hulle.

Cochrane en AJ Nel gesels kopstukke met die buffettafel agter hulle.

Bianca Nel, Louise Venter en Marilyn Roux kuier langs die vuur.

Bianca Nel, Louise Venter en Marilyn Roux kuier langs die vuur.

Suzete Prinsloo, Salomé de Beer met klein Driaan Nel, en Carla Prinsloo vier Vyna Tarp se tiende verjaardag.

Suzete Prinsloo, Salomé de Beer met klein Driaan Nel, en Carla Prinsloo vier Vyna Tarp se tiende verjaardag.