full screen background image
Atlete kan uitsien na ‘n propvol kalender vanjaar met die eerste wedloop wat reeds op 19 Januarie aangebied word. Foto: Argief

Besige kalender vir atlete vanjaar

197

Die tekkies gaan behoorlik fluit op die teer en atlete kan solank begin voorberei vir ‘n propvol kalender met verskeie byeenkomste wat vanjaar in die stad aangebied word.
Die eerste byeenkoms is reeds op 19 Januarie wanneer Seeff en Jaguar Polokwane hul jaarlikse 3-n-1-padwedloop aanbied.
Die res van die program soos volg:
16 Februarie, Capricorn Distriksmunisipaliteit 4-in-1 Marathon
30 Maart, Mall of the North Marathon
1 Mei, Polokwane Mayoral Road Race
7 September, Hanlie Steyn Gedenkwedloop
14 September, Tafelronde Natuur­wedloop
4 Oktober, Mazda Nite Race
26 Oktober, Run 4 Cancer
Die jaarlikse Comrades Marathon word vanjaar op 9 Junie in KwaZulu-Natal gehou.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com