full screen background image
Inwoners van Bella Vista Tehuis en weldoeners by die eetgoed en geskenke wat Vrydag by dié instansie afgelewer is.

Bella Vista Tehuis dankbaar vir donasie

550

Inwoners van Bella Vista Tehuis in die stad is Vrydagoggend verras toe ‘n groep laerskool en voorskoolse kinders ‘n vrag eetgoed en geskenke by dié instansie afgelewer het.
Een van die groep se ouers, wat anoniem wil bly, sê dat die kinders self die geskenkpak­kies met allerlei snuisterye daarin versier het en dat hulle baie na die besoek aan die tehuis uitgesien het. “Ons het van die items van individue ontvang terwyl die kinders die meeste van die kos by Talisman Hire en Nesta Foods gereël het. Ons is baie dankbaar vir almal se bydraes,” sê sy.
Mede-bestuurder van Bella Vista Tehuis, Ria van Vliet sê dat alle bydraes op prys gestel word. “Die mense hier kry maar swaar en ons uitgawes is baie hoog,” sê Van Vliet en voeg by dat daar nog akkommodasie vir ‘n paar mense by die tehuis is.
Van Vliet kan by 082 727 6300 geskakel word.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com