full screen background image
Professionele jagter van Tzaneen, Claude Kleyn­hans (53), is Dinsdag dood nadat hy deur ‘n buffel gegaffel is.

Bekende professionele jagter dood na buffel hom gaffel

953

‘n Bekende professionele jagter van Tzaneen, Claude Kleynhans (53), is Dinsdagmiddag dood nadat hy by Makuya naby Thohoyandou deur ‘n buffel gegaffel is.
Volgens inligting het Kleynhans en een van sy werkers die karkas van ‘n buffel, wat die vorige dag geskiet is, gaan oplaai. Hulle was besig om die bos om die karkas oop te kap toe Kleynhans deur ‘n ander buffel bestorm is.
Hy is in die lies gegaffel en het in die tyd wat die werker na die lodge om hulp gehardloop het weens swaar bloeding beswyk.
Provinsiale polisiewoordvoerder Moatshe Ngoepe het teen druktyd bevestig dat ‘n nadoodse ondersoek gelas is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com