full screen background image

Bederf pa vir Vadersdag by World of Wheels

1744

RC Myburgh

Van 15 tot 21 Junie kan motorentoesiaste uitsien na ‘n fees by Mall of the North (MoN) wanneer die mall in samewerking met Limpopo Classic Car Club die World of Wheels-skou aanbied.
Vanaf die 15de word tientalle nuwe voertuie in die sentrum uitgestal.
Handelsmerke bekend vir die vervaardiging van luukse voertuie soos BMW, Mercedes-Benz, Volvo, Audi, Volkswagen, Lexus en verskeie ander van die BB Groep kan besigtig word.
Wanneer die naweek aanbreek op die 19de sal die parkeerarea met meer as 200 veteraanvoertuie gevul word. Van motors wat uit die 1920’s dateer tot meer nuwerwetse voertuie wat steeds as oud bestempel word sal mense se asems wegslaan.
Organiseerder, Dirk de Klerk sê dit is die tweede jaar wat World of Wheels saam met MoN aangebied word.
“Dit is ideaal vir ‘n bietjie bederf op Vadersdag omdat baie pa’s kan saampraat oor die herinneringe van ‘n era waarin hulle grootgeword het. Ons poog ook om jong mense te lok wat tot ‘n goeie vergelyk kan kom met toeka se motors en dié van nou. Veteraanmotors soos Peugeot, Jaguar en Aston Martin is slegs ‘n paar van die handelsmerke wat deur eienaars van regoor die provinsie uitgestal sal word.”
‘n Biertent is ook beskikbaar en sekere restaurante van MoN sal kos te koop aanbied. “Saterdagmiddag word ‘n veiling gehou waar besoekers die geleentheid sal kry om van die veteraanmotors aan te skaf. Enige persoon wat sy ou voertuig wil verkoop kan R500 betaal en die voertuig sal opgeveil word,” sê De Klerk.
Vir meer inligting skakel MoN-bemarkingsbestuurder, Rene van der Merwe by 082 300 7620 of De Klerk by 082 455 7354.