full screen background image
PHS se eerste rugbyspan wat deur BB Motorgroep geborg word, bestaan uit JC de Beer, Boeta Roux, Lohan Duvenhage, Pieter Mulder en Christiaan Edwards. In die tweede ry is Hardus Saaiman, Sias Willemse, Pierre Coetzee (afrigter), Heinrich Schoeman (kaptein), Willie Schoeman (hoof), Dewald Stroebel (onderkaptein), Anton Heüer (afrigter), Jaco Mulder en Franco du Plessis. In die derde ry is Piet Maree, Ricardo Strydom, George Buitendag, Schalk Potgieter, Kailan Ferreira, Keanu Jardim en James Cato. Agter is Brenden Nel, Eben van den Heyde, Dirk van der Merwe, Martin Austen, Tiaan Janse van Rensburg, Chris van Wyk en Werner Roets. Bestuurspersoneel van BB Motorgroep is links voor John-Ross Coetzee en regs Hannes de Lange. In die derde ry links is Pieter du Plessis, Lieb van Tonder en Jacques Swart links en regs is Glen Whitehead, Paul Roets, Karel Ferreira (handelaarshoof), JP Slement en Nico Steenkamp.

BB Motorgroep trotse borg van Pieties se eerste rugbyspan

178

Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste rugbyspan word vanjaar met trots deur die BB Motorgroep geborg.
Die span het verlede Donderdagaand sportsakke en rugbytruie tydens ‘n samekoms met hul afrigters en bestuurspersoneel van BB Motorgroep op die skool se rugbyveld ontvang. Elke speler is persoonlik deur BB Motorgroep se handelaarshoof, Karel Ferreira genooi om hul items te ontvang. Skoolhoof, Willie Schoeman het sy dank teenoor Ferreira en die motorhandelaar uitgespreek en gesê vanjaar se eerstespan sal nie teleurstel nie. “Die span het baie potensiaal en is lus vir die seisoen wat voorlê,” het Schoeman gesê.
Die span is Saterdag tydens die eerste ronde van die Tuks Skole-reeks in aksie teen Hoërskool Eldoraigne op Pieties se tuisveld.
Hulle sal ook tydens die Paasvakansie aan die Tony Stoops Rugbyfees in Brackenfell in die Kaap deelneem waar hulle as verdedigende kampioene teen skole regoor die land sal kompeteer.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com