full screen background image
Rohan Bernhard, een van Oosskool se opkomende atlete laat homself deeglik geld in die 100 m vir seuns 0.8.

Atlete oefen hard vir nuwe seisoen

118

Die stad se jong atlete maak reeds groot erns met hul voorbereiding vir die nuwe seisoen wat vroeg in Januarie begin.
Dit was ook die geval toe ‘n aantal laerskole van die provinsie verlede Dinsdag aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by die ou Peter Mokabastadion deelgeneem het.
Die geleentheid, met Pietersburg Laerskool (Suidskool) as gasheer, is bygewoon deur Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool), Curro Heuwelkruin, Eagles Nest Christian School, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Krugerpark van Mokopane en Laerskool Julian Muller van Groblersdal.
Charlotte van der Berg, die organiseerder en ‘n opvoeder by PLS, sê die byeenkoms is gereël met die oog op volgende jaar se atletiekseisoen wat vroeg in Januarie begin. “Dit het aan atlete ‘n geleentheid gebied om hulle krag en fiksheid teen dié van ander skole te meet en so hul voorbereiding te beplan.” Van der Berg het die deelnemers en alle ander betrokkenes bedank en gesê die atlete het dit duidelik geniet om solank die spreekwoordelike litte los te maak met die oog op beter prestasie volgende jaar.

Storie en foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com

Lize-Mari Claassens van Suidskool neem aan die 1 200 m vir meisies 0.12 deel.

Curro Heuwelkruin se Hanno van Zyl skop stof in sy o.12 teestanders se oë tydens die 150 m naelloop vir seuns.

Jared Jansen van Vuuren, o.12 van PLS, maak gereed vir ‘n gooi in die gewigstoot.

Monica Harmse van Suidskool wys reeds vroeg haar staal toe sy die 150 m vir dogters 0.12 wen.

Ryly de Neijs, 0.11, van Suidskool oppad na die wenpaal in die 100 m
vir seuns.