February 2010

Plaaslike model pronk in nasionale tydskrif

Danél Esterhuysen
Die plaaslike matrikulant en model van Elite Models, Tania Gilfillan het verlede week in die Huisgenoot gepronk tydens die bekendstelling van dié bekende tydskrif se herfsklerereeks in Kaapstad.
Gilfillan, ‘n leerder van die Hoërskool Pietersburg het al talle internasionale fotosessies in onder andere Sanya,China gedoen. Sy is ook in 2008 as die Suid-Afrikaanse wenner van die internasionale Elite Model Look skoonheidskompetisie bekroon.

Onbeskaamd eersdaags in stad

Dia van Staden
Die baie bekende gospelgroep, Onbeskaamd, tree op Saterdag 27 Februarie om 19:00 by die NG Kerk Pietersburg-Noord in Dorpstraat op.
Hulle nuutste toevoeging tot elke gospelmusiek-liefhebber se rak is Onbeskaamd Live. Die eerste snit op die album is, ’n Nuwe generasie, waar hulle die jeug as brandend vir God uitbeeld.
Liedere soos, Ek wil gereed wees en vele ander sal ingesluit word in die energieke konsert. Kaartjies beloop R25 per persoon en kan by die deur verkry word.

Uit die rugbykassie

Braaivleis, rugby, sonneskyn en Chevrolet..
.Dis mos hoe die liedjie gegaan het, in die dae toe ons pa’s nog Chevs kon bekostig het. Baie dinge het in hierdie land verander, sommige goed, sommige te vreeslik om op te noem. Chevrolet het gegaan en teruggekom en nou kan net die boonste lagie van die bevolking ‘n Chev bekostig.

Decoration of city

I wish to respond to the opinion piece by Husain T, ‘Host City or Not’ in your issue of 11 -12 February 2010
Firstly let me applaud the author of the opinion piece for the observation and comments. It shows that he is very interested in what the host city is doing or not doing.
It is correct that other host cities have started with the decoration of their cities with their focal point being to showcase their readiness to host the multitude of people who will be visiting their shores.

Laerskoolatlete kwalifiseer vir provinsiale byeenkoms

Danél Esterhuysen
Verskeie plaaslike laerskoolatlete het Saterdag aan die distriksbyeenkoms in Seshego deelgeneem en puik presteer. Dié atlete sal op 6 Maart aan die provinsiale byeenkoms in Mookgophong deelneem om so te kwalifiseer vir die nasionale byeenkoms.

Foto: MW Theunissen van die Laerskool Pietersburg-Oos met ‘n spogsprong in die hoogspring vir seuns o.10.

PHS, Tommies hou stad se naam hoog tydens interhoër

Chuene Kola

Danél Esterhuysen
Die jaarlikse interhoër atletiekbyeenkoms het Saterdag het by die Hoërskool Frans du Toit plaasgevind met twee plaaslike skole, die Hoërskool Pietersburg (PHS) en die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat puik presteer het.
Die Hoërskool Merensky het met die louere weggestap.

Krieketaksie by PHS

Warren Blunt
Die Hoërskool Pietersburg se eerste krieketspan het Saterdag in die Super 6-krieketkompetisie hul moses teen die Hoërskool Klerksdorp teëgekom.
Pieties het hul bes gelewer maar moes die handdoek ingooi toe hulle met 177 lo-pies verslaan is.
Dit was PHS se derde verlies in die kompetisie. Die o.15-span het met 25 lopies gewen.
Herculles Strydom van PHS is die ene konsentrasie terwyl hy een van sy draaiballe afstuur in hulle Super 6-wedstryd teen die Hoërskool Klerksdorp.

Heuwelkruin krieketspelers presteer

Danél Esterhuysen

PCS chess players excell

Pietersburg Comprehensive School (PCS) recently beat Heuwelkruin Kollege in a league chess fixture 10-2 and later drew 6-6 with Pepps Polokwane Preparatory School and College. In front are Phenyo Mabokela, Thabang Sepuru, Karabo Moremi and Ofentse Mabokela. At the back are Mr Rudi Fick, coach, Masai Mahapa (captain), Thapelo Tema, Diketso Tshangwane and Ineeleng Setati.

Photo: Lesetja Malope

Segoreng receives sport equipment

Robin Gardner
Segoreng Primary School, situated in the Mentz area near the Zion Christian City opened its doors just more than a year ago.
With no spare funds for extras, the principal approached the Rotary Interacters Club of Haenertsburg for possible assistance. The school was desperate for sports equipment to start a much needed sport programme.