August 2009

Tommies troef Capricorn

Heinrich Faber, kolwer van Capricorn High School

Mariëtte van de Werken
Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se o.15- en eerste krieketspanne het die naweek teen Capricorn High School in ‘n ligawedstryd te staan gekom en skitterspel gelewer.
Tommies se o.15-span het met sewe lopies gewen en die eerste span het met 17 lopies geseëvier. Muller Coetzee is aangewys as Speler van die Wedstryd en beste bouler saam met Werner Coetzee.

 

 

 

 

De Vos opgeneem in Limpopo gholfspan

Chanté de Vos

Chante de Vos, ‘n graad 8-leerder van Heuwelkruin Kollege, het onlangs aan die Gholf Limpopo Kampioenskappe deelgeneem waar sy eerste in die C-afdeling geëindig het. De Vos word opgeneem in die Limpopo-span wat in September in Potchefstroom teen gholfspelers regoor die land gaan deelneem.

Akademie Reformia-ruiters presteer

Danél Esterhuysen
Petroné Kilian en Daniëlle Lemmer, beide leerders van Akademie Reformia, is onlangs tot die Limpopo Perdryspan verkies nadat hulle puik presteer het in skouspring (80 tot 90 cm en 70 tot 80 cm) tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Perdryfederasie se byeenkoms. Beide leerders neem eersdaags op nasionale vlak deel.

Osie-tennissterre blink uit

Mariëtte van de Werken
Dié leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het tydens die onlangse Super 12-tennistoernooi in Pretoria behoorlik hul staal gewys en met ‘n bronsmedalje huis toe gekom. Voor is Duan Steenkamp en Biemond Hoogenboezem met Janco Steenkamp en Jaco Kriel agter.

Renjaers sorg vir groot opwinding

Charl van Niekerk

Danél Esterhuysen
Motorfietsliefhebbers het hulself die naweek gate uit geniet tydens die vierde rondte van die Polokwane Supermoto Streekskampioenskappe wat op die renbane op die Silikonpad plaasgevind het. Charl van Niekerk het Saterdag eerste in die eerste klas van die Polokwane Supermoto Streekskampioenskappe geëindig met ‘n totaal van 50 punte.
Foto geneem deur Jeffrey Bekker

 

Melody's-dansers presteer

Danél Esterhuysen
Dansers van Melody’s Dance School het onlangs tydens die Association of International Dance Teachers hul moderne dans en hip hop-eksamens afgelê en puik presteer.
Uitblinkers van Melody’s Dance School is van bo na onder Elizabeth van Rooyen, Elaine Els, Zandri du Preez, Elizabeth Grobler, Vicky Irving, Rachele Sabbagha, Mikaela du Plessis, Monique Pieterse, Zanele de Beer, Stephanie Grobler, Anine Uys en Gizelle le Roux.

 

Natasha de Vos, stad se trots

Natasha de Vos

Mariëtte van de Werken
Natasha de Vos van SuperSport Seals het tydens die onlangse Nasionale Kortbad Swemkampioenskappe in Pietermaritzburg kragte gemeet teen die beste swemmers in die land.
Sy het in vier finale geswem en ‘n vierde plek in die 800 m-vryslag, ‘n vierde plek in die 200 m-rugslag, ‘n sesde plek in die 100 m-rugslag en ‘n sewende plek in die 400 m-vryslag verower.

Progress swimmer off to Mauritius

Mariëtte van de Werken
Heinrich Alberts of Progress Swimming Academy has been selected by Swimming South Africa to represent South Africa at the 8th African Junior Championships in Mauritius from 22 to 25 October.
This selection is particularly gratifying for Alberts, as he was selected to participate in the previous African Junior Championships that was to take place in Egypt in 2007, but was cancelled by the host country two weeks before departure.

Kruinie laat geld inrol vir bejaardes

Mariëtte van de Werken
Mcel-Jean de Wet, tans Mej Tiener Waterberg en trotse leerder van Heuwelkruin Kollege het die reuse bedrag van R1 130 tydens die onlangse "Wear to Care" hoededag ingesamel.
Die inisiatief van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie se ouerleidinggroep is ten bate van Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes geloots.

Tommies en PLS styg uit

Mariëtte van de Werken
Die Limpopo Ringbalunie se skolevereniging het Saterdag ‘n skole-ringballiga aangebied en leerders in en om die stad het geesdriftig deelgeneem.
Die volgende skole was betrokke: die Hoërskool Frans du Toit, Heuwelkruin Kollege, die Hoërskool Pietersburg (PHS), die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (Tommies), Pietersburg Laerskool en Laerskool Pietersburg -Oos.