May 2009

Muni suspends Thubakgale

 

 

Polokwane se bloed is Blou

[site-name] story image - [site-date]

Duisende fanatiese Blou Bul-ondersteuners hou asem op vir môre se titaniese stryd tussen die Vodacom Blou Bulle en die Chiefs. Daar is geen twyfel waar Polokwane se lojaliteit lê nie. Die strate was vroegdag 'n see met blou vlae en begeesterde ondersteuners met blou gesigte.



Noordskool hou kultuuraand

[site-name] story image - [site-date]

Mariëtte van de Werken
Na ‘n maand se harde werk, tandekners en lang trane, het Laerskool Pietersburg-Noord op 20 Mei ‘n uitstekende kultuuraand, gekombineer met heerlike sop en sjerrie, aangebied.
Die program was propvol items van hoogstaande gehalte wat die juniorkoor onder leiding van me Grace Jacobs ingesluit het. Die soliste Jan en Dalee Curtin het saam met hulle opgetree.

Hokkiespelers verwerf provinsiale kleure

[site-name] story image - [site-date]

Dié trotse Laerskool Pietersburg-Oos hokkiespelers gaan die provinsie tydens die opkomende skoolvakansie by verskillende provinsiale toernooie verteenwoordig. Voor is Lavonne Greyling (reserwe o.13) en Christi Venter (o.12). Agter is Su-Mari Hoogenboezem ( o.13), Ludwig Bouwer (o.12) en Johan Kruger (o.13). Foto: Mariëtte van de Werken

Graad-R-leerders bederf by poppetee

[site-name] story image - [site-date]

Mariëtte van de Werken
Die graad R-leerders van verskillende skole is Vrydag bederf by die poppetee wat Laerskool Pietersburg-Oos gereël het. Dit is een van die skool se bemarkingsprojekte wat die jong dametjies beslis ‘n voorsmakie gegee het oor volgende jaar se verwagtinge van die groot skool. Hoëhakskoene, grimering en poppe in stootwaentjies was aan die orde van die dag.

Kruinie netbalspelers vlieg hoog

[site-name] story image - [site-date]

Mariëtte van de Werken
Heuwelkruin Kollege het verras toe hulle tydens die onlangse Capricorn-kringliga vir o.16B- en o.17A-spanne hul stemme dik gemaak het. Dié liga is as ‘n uitkloptoernooi tussen verskeie skole gehou.
Die o.16B-span het hul eerste wedstryd teen die Hoërskool Noorderland met 16-8 gewen en daarna as wenners van die dag vir grootskole uitgetree toe hulle Taxila Combined School 10-9 uitgestof het.

Noordskool netbalspelers in Limpopo-span opgeneem

[site-name] story image - [site-date]

Die netbalspelers is vir die Limpopo-span gekies wat van 5 tot 9 Julie in Johannesburg op nasionale vlak gaan deelneem. Voor is Jeandré Visser. Agter is Ramalau Letebele, me Soekie Joubert, (afrigter) en Morongoa Mothiba.

Michell House netball girls in action

[site-name] story image - [site-date]

Mmbatho Mothiba, u.13 goalkeeper of Mitchell House stealing the ball from her opponent during Saturdays’ match against Christian Achievers Academy.

Nataniël-’brand’ onvergelykbaar

[site-name] story image - [site-date]

Yolande Nel
Die gewilde Nataniël-’brand’ is immers onvergelykbaar. As hy nie so eiesoortig was nie, sou dié bekende verhoogkunstenaar vergelyk kon word met ‘n versnit wat mettertyd goed verouder.
Dit is opnuut bewys toe hy Dinsdagaand ‘n vol saal getrek het tydens die Apiesdoringfees wat tans in Polokwane aan die gang is. Die gees agter die Kaalkop-produklyn is duidelik bestem om groot gehore te vermaak.

Sien jou by die Cansa-basaar

[site-name] story image - [site-date]

Mariëtte van de Werken
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) hou Saterdag hul jaarlikse basaar by die Theunis Fichardt Hospitium in Collegestraat. Soos vorige jare gaan die watertandontbyt weer uit die boonste rakke wees.
Talle stalletjies is op die spyskaart dié jaar en die kinders het hope pret om van te kies.